Today's dealsEveryday EssentialsClearanceGift VouchersSubscribe
Today's Deals
/
Media
save
-54%
Product media

John C. MaxwellDie Impak van jou Leierskap & Die Impak van jou Potensiaal (2 Books)

R129

Retail: R280
About

Die Impak Van Jou Leierskap

Ons wil almal ’n lewe hê wat iets beteken. Maar wat is ware betekenis? Hoe definieer mens dit, en hoe bereik ons dit? In Die impak van jou leierskap demonstreer Maxwell wat daarvan kan kom as ons persoonlike passie en leierskap op ’n manier kombineer wat meer as blote sukses tot gevolg het.
Deur eensgesinde mense te vind en hulle eerste te stel, kan jy ’n verskil in hul lewe maak en ’n verenigde poging skep wat ’n blywende positiewe impak laat. Leer hoe om mense te kry om jou saak te ondersteun, jou visie te verwoord, en waarde daarby toe te voeg. Deur sy persoonlike verhaal te gebruik wys John Maxwell hoe hy een van die voorste leierskapkenners in die wêreld geword het, en leer hy jou hoe om ander volgens jou doel te lei en ’n blywende nalatenskap te skep.

Die Impak Van Jou Potensiaal

Is jy bewus van jou volle potensiaal?

As jy soos die meeste mense is, is ek seker jy sal graag meer uit die lewe wil kry as wat jy op die oomblik ervaar. Jy is miskien nie op soveel vlakke so suksesvol soos wat jy graag sou wou wees nie. Of miskien is jy nie heeltemal tevrede met die vordering wat jy maak nie. Kry jy alles gedoen wat jy graag wil doen? Of wil jy meer sien, meer doen, meer wees?

Wat staan in jou pad? Wat perk jou in? Weet jy? Hoe gaan jy daarvan ontslae raak as jy nie weet wat dit is wat jou inperk nie?

Jy het seker al gehoor dat daar gesê word: “As jy doen wat jy nog altyd gedoen het, sal jy kry wat jy nog altyd gekry het.” Ek wil jou help om iets nuuts te doen – en nuwe hoogtes te bereik. Aan die begin van hierdie reis wil ek twee gedagtes met jou deel:

1. Verandering hoef nie altyd drasties te wees om doeltreffend te wees nie.

2. Verandering is noodsaaklik as jy jou potensiaal wil bereik.

Oor die Skrywer

John C. Maxwell word gereken as een van die wêreld se voorste en mees gerespekteerde leierskapkenners, spreker en skrywer. Hy is die stigter van EQUIP, ’n nie-winsgewende organisasie wat reeds meer as vyf miljoen leiers in 126 lande wêreldwyd het. Hy is ook al deur Inc. Magazine aangewys as die suksesvolste leierskap- en bestuurskenner in die wêreld. Van sy topverkopers sluit in Die 15 wette van voortdurende groei, Soms wen jy, soms leer jy, Goeie leiers vra die regte vrae, Leef uitnemend en Verskuif jou grense.

read more
Dreams are weird

They're like your brain's way of saying: you know what the world really needs? Nonsensical story lines that nobody questions and flying cars.

And even though we know they're absolutely bonkers and possess zero relevance whatsoever, we waste no time telling people all about them.

Nobody wants to hear it. You end up sounding like a toddler trying to explain the latest episode of Game of Thrones.

The only dream worth talking about is Martin Luther's. Fact.

Anyhoo, we had a dream we sold out by noon today and spent the rest of our time hanging out with the Red Hot Chili Peppers at Home Affairs. Crazy, huh?