
English
Eben Etzebeth is known as one of the hard men of rugby. With more Springbok Test caps than any other player, he’s given and received his fair share of bruises. But he has also fought his way into the hearts of South Africans with his never-say-die attitude.
In Unlocked, Etzebeth will further delight - and even surprise - his legion of fans. It’s a frank and disarming account from his earliest days, when he first couldn’t even make the A team in high school, through his 13 years and 131 caps as lock wearing the green & gold jersey.
Unlocked is much more than the sum of all the matches. Etzebeth reveals his strong interest in strategy and coaching, the quota system and leadership, and the role that the Springboks play in uniting South Africa. He also provides wonderful insight into many of his teammates, in particular his close bond with Siya Kolisi, as well as some of his opponents.
Etzebeth doesn’t shy away from controversy, and he gives his side of the story on the 'Langebaan incident’ which almost derailed his team selection in 2019.
This is an inspiring story of a man who has led from the front, and played against the best in the world.
Afrikaans
Eben Etzebeth is bekend as een van die hardebaarde van rugby. Met meer Springbok-toetse as enige ander speler, het hy al menige houe uitgedeel én ontvang. Maar hy het ook sy pad in die harte van Suid-Afrikaners gevind met sy veggees en "gee-nooit-op" houding.
In Ten Slotte gaan Etzebeth sy leërskare aanhangers verder verras en verheug. Dis ’n eerlike en ontwapenende weergawe van sy vroeë dae – toe hy nie eens die A-span op hoërskool gehaal het nie – tot sy 13 jaar en 131 toetse as slot in die groen-en-goud trui.
Ten Slotte is veel meer as net ’n samevatting van wedstryde. Etzebeth deel sy sterk belangstelling in strategie en afrigting, die kwotastelsel en leierskap, en die rol wat die Springbokke speel in die vereniging van Suid-Afrika. Hy gee ook waardevolle insigte oor baie van sy spanmaats, veral sy noue band met Siya Kolisi, asook oor sommige van sy teenstanders.
Etzebeth skroom nie om omstrede sake aan te spreek nie, en hy gee sy weergawe van die 'Langebaan-insident' wat byna sy insluiting in die span in 2019 ontspoor het.
Hierdie is die inspirerende verhaal van ’n man wat van voor af gelei het en teen die beste in die wêreld gespeel het.