BUNDLE 1 (4 Books)
Locum op ski's
Dat Yentl Beylstra as tweejarige ‘n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met ‘n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in ‘n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van ‘n klomp koggelende matrieks gered. Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde nie. Jare later, na ‘n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in ‘n tandartspraktyk iin Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus – die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel. Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen ‘n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.
Matrone op 'n Harley
Charlotte Beyers doen aansoek vir ‘n pos as matrone by die indrukwekkende Shalom Verpleegkundige Kliniek. Sommer met die intrapslag spring sy en die formidabele baas van die kliniek op ‘n verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ‘n matrone behoort te lyk nie, verál nie toe sy met ‘n Harley by die kliniek arriveer nie. Wie weet hoeveel tatoeërmerke onder die sexy leeruitrusting verberg word? Gaan Charlotte haar man kan staan teen die aanvanklike teëstand van die personeel, en veral die antagonisme van haar hoofsuster? Gaan sy bestand wees teen die sterk persoonlikheid van haar aantreklike baas, veral as sy bewus word van emosies wat hy in haar ontketen. Gaan sy weer toelaat dat ‘n man beheer neem van haar lewe? Mag sy die een man oordeel aan die hand van ‘n ander man se neiging tot mishandeling? Eers wanneer sy weer volkome vertroue kry, kan sy die liefde eien en aanvaar.
As die liefde kom
Mianke, is ′n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot ′n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swear vra haar om uit te help op sy vriend se wildreservaat. Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop. Gaan sy ingee tot die liefde?
'n Skatkis vol liefde
Kort na haar agtiende verjaardag reis Karlijn Verhoefen per skip vanaf Nederland na die Kaap. Een stormagtige aand, val Karlijn oorboord en word deur capitaine Jean van die skip Die Carlotta gered.‘n Vriendskap ontwikkel tussen hulle en namate sy hom beter leer ken, ontwikkel sy onbekende gevoelens wat haar verwar. Jean stel egter nie belang in enige ander vrou nie, want sy hart behoort reeds aan Simoné Dubois. Maar hoekom soen hy haar dan die dag toe hulle reis tot ‘n einde kom en hul paaie skei?Karlijn begin bou aan ‘n nuwe toekoms in die Kaap. Dinge verloop vlot totdat sy en Jean mekaar weer op ‘n dag raak loop. Die onvoorspelbare gebeur en saam begin ‘n reis wat lei tot ‘n skatkis vol verrassings.
BUNDLE 2 (5 Books)
Rusplek vir die hart
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie.
Tuiskoms van die hart
Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.
Boeretroos vir die hart
Ná die Napoleontiese oorloë word die Williamsgesin gedwing om na die Kaapkolonie te emigreer. Maar die gesig wat hulle in Algoabaai begroet, is allesbehalwe die rooskleurige prentjie wat in Engeland vir hulle geskets is. Rasmus Erasmus is een van die boere wat die immigrante moet help om by hul plase uit te kom. Hy is ook hul buurman en die eerste man wat daarin slaag om Emma se hart vinniger te laat klop. Dit verwar haar, want sy het geen begeerte om te trou nie. Boonop voel Rasmus dieselfde ná ‘n liefdesteleurstelling en maak dit duidelik dat hy nie in ‘n verhouding met Emma belangstel nie. Tog spat die liefdesvonke behoorlik tussen hulle en red hy haar uit meer as een situasie. Sal hy sy liefdesteleurstelling kan oorwin en ‘n kans op nuwe geluk waag?
Melktert vir die hart
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Sy weet sy moet met dié sondige begeerte klaarspeel, maar sy het van kindsbeen af ‘n heldeverering vir hom en glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, ‘n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Hy kommandeer haar geliefde perd op vir die oorlog, maar word kort daarna gewond waarna sy hom moet verpleeg.Sy vertellinge van die Kaap maak haar kop deurmekaarder as al die stories wat Andrea kleintyd vir haar vertel het. Dit laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en ‘n bal in die kasteel – tot omstandighede haar onverwags in ‘n ander rigting dwing. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
'n Troukoek en 'n wiskundeboek
Sonder werk of heenkome en met haar hart en toekomsplanne aan flenters, gaan kruip Annelize in haar vriendin, Jolanie, se leë woonstel op Flenterbaai weg. Sy moet nog die gebeure van die afgelope tyd verwerk en hoop dat sy by die see weer mettertyd rus en rigting sal vind. Min weet sy Jolanie se brombek van ‘n broer by die huis langs die woonstel gaan opdaag en haar vrede versteur. Hy, met sy Wiskundeboek wat klaar geskryf moet word én sy beeldskone meisie wat haar neus vir net mooi alles optrek, verál vir Annelize. Ludwig is kortaf en baasspelerig en boonop glo hy nie Annelize serede hoekom sy op Flenterbaai kuier nie. Dan gebeur daar een koue wintersmiddag iets wat veroorsaak dat Annelize nie langer kan wegsteek wié en wát sy is nie. Die vraag is: Wat gaan Ludwig maak noudat hy die waarheid weet?