Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Oloff die seerower reeks is seerower verhale op sy allerbeste en geskryf deur een van Suid Afrika se meester skrywers van toeka, naamlik Gerrie Radlof. Dit handel kortliks oor Oloff van Wagenaar se vader wat deur 'n seerower met die naam van Ben van Osse doodgeskiet word. Kort tevore het hy vir sy seun in Holland geskryf om vir hom te kom kuier in die Kaap.
Omrede Oloff van Wagenaar ook rooi hare en blou oë het en op 'n haar na soos Ben van Osse lyk, word hy van moord op sy vader verdink, want die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap reken sy ma het hom opgesteek om dit te doen, omdat sy vader haar in Holland verlaat het. En net daar begin die verhaal van Oloff, om nie net sy onskuld as voortvlugtige te probeer bewys nie, maar neem hy ook 'n eed dat hy nie sal rus voor hy nie die waterweë van die Ooste bevry het van die seerowereuwel nie.
It's here, it's here! The most festive day of the year!
We won't keep you long - after all, if there are any kids in the house, you've probably been up since 5am anyway, watching them unwrap their gifts with such glorious ignorance as to where they came from that, for a moment in time, you either wish you could be one of them, or at least still in bed.
Happy Holidays from all of us at OneDayOnly, may it be filled with way too much good food, drink and memories as possible.