Where's Wally now in Afrikaans! Titles include Waar's Willie? Die Fantastiese Reis, Waar's Willie? in Hollywood, Waar's Willie Nou?, and Waar's Willie Wonderwereld.
WAAR'S WILLIE? DIE FANTASTIESE REIS
Willie gaan op reis! Hy ontmoet Towenaar Witbaard, wat omring is deur 'n spul vretende vrate. Die towenaar beveel hom om 'n verlore perkamentrol op elke nuwe plek van sy reis op te spoor. Eers wanneer hy al 12 perkamentrolle het, sal hy die waarheid oor homself ontdek. Willie se reis neem hom na die Veldslag van die Monnike, na die vlieende draakruiters, die wilde rooi dwergies en vele ander vreemde plekke!
WAAR'S WILLIE? IN HOLLYWOOD
Willie bevind hom in Hollywood! Sjoe, Willie-volgelinge, dis fantasties! Willie loop agter die skerms van Hollywood se filmstelle en beleef sing-en-dans-flieks, 'n Western, 'n stilrolprent en nog vele meer!
WAAR'S WILLIE NOU?
Sommige dele van die geskiedenis is verstommend! Klim in 'n tydmasjien en reis terug in tyd na die Steentydperk, antieke Egipte, ou Rome, besoek die Wikings en sluit af in die toekoms! Soek Willie en al sy vriende: Wenda, Towenaar Witbaard en Tronkvoël. En moenie van Woef vergeet nie!
WAAR'S WILLIE? WONDERWERELD
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!