Did you know that David Walliams is the biggest-selling children’s author to have started writing since the year 2000? Not only that, you can also read his books in over fifty-five languages, and he’s sold over fifty million copies worldwide! That’s a whole lot of kids, just like you, laughing their pants off around the world. But there’s even more. You can watch Grandpa's Great Escape, Mr Stink, Gangsta Granny and The Boy in the Dress on DVD. And not forgetting that Ratburger, Demon Dentist and Awful Auntie have all won the National Book Awards Children’s Book of the Year. As if all that wasn’t enough, lots of bigwig reviewers have compared him to Mr Funny Books himself, Roald Dahl.
Mnr Stink
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. 'n Superstank is die ergste soort reuk. 'n Superstank is erger as 'n stank. En 'n stank is erger as 'n stankie. En 'n stankie is erger as 'n klankie. Maar 'n klankie is al genoeg om 'n mens jou neus te laat optrek. Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was na alles 'n boemelaar. Hy het nie 'n huis gehad nie en kon hom nerens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie. Chloe is seker die eensaamste meisie in die wereld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom.
Karre en Kroeks
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s...Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak - en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red...David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!
Aaklige Ant Alberta
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime - en effens spokerige - wapen...
Rotburger
Ontmoet vir Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees: Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap. Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop. En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot. Ek kan jou nie vertel wat Bart se planne is nie, maar daar is 'n leidraad in hierdie boek se titel...
Die Middernagbende
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling...