Today's dealsEveryday EssentialsClearanceGift VouchersSubscribe
Today's Deals
/
Media
save
-74%
Product media

Emma Lamb & Struik70 Afrikaans Handwerk Projekte (2 Boeke)

2 Boeke
2 Boeke

R99

Retail: R380
About

Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis

Met Hekel vir My Huis nooi Emma Lamb jou uit om speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in te span om iets pragtigs te skep en so ’n huis met warmte en sjarme te vul. Haar speelse kombinasies met kleur, patroon en tekstuur weerspieel ’n vermenigng van retro-styl en Skandinawiese eenvoud. Die 20 splinternuwe artikels sal met gemak in die tuisteskepper se alledaagse lewe inpas. Kies uit versamelings vatlappies en kussingontwerpe, maak ’n lieflike krans om ’n kamer op te helder of ’n snoesige deken om jou te vertroos. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, sowel as Emma se eie wenke om die perfekte huisartikels te skep. Basiese tegnieke word deur stap-vir-stap-instruksies en kleurfoto’s uitgebeeld.

50 Lapblokprojekte

Die gebruik van vetkwarte is nie net vir kwilters nie, maar is baie meer veelsydig. Naaldwerkers gebruik ook graag die klein stukkies materiaal wat in pragtige bondeltjies in materiaalwinkels, asook by handwerk- en kunsmarkte teen ’n billike prys verkoop word. Elf talentvolle ontwerpers van regoor die wereld verduidelik stap-vir-stap in 50 Lapblokprojekte hul gunstelingpatrone en -projekte. Hierdie unieke versameling vinnige en maklike naaldwerkprojekte sluit kontemporere idees vir doen-dit-self dekor, bykomstighede, en geskenke in – alles gemaak met behulp van vetkwarte. Dit wissel van eenvoudige projekte met een vetkwart na projekte met ’n paar vetkwarte vir ’n vinnige lappieskombers, en bevat meer komplekse projekte wat tot tien vetkwarte gebruik. Die versameling projekte bied die ideale oplossing vir naaldwerkers met ’n bondel vetkwarte wat wag om in iets moois omskep te word.

read more